46 @ Mtwalume
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dekweg 92, Mtwalume Holiday Resort, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 714 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
46 @ Mtwalume is 'n selfsorg-chalet in die veilige Mtwalume Holiday Resort aan die suidkus. Mtwalume is 'n klein kusdorpie wat tussen Pennington en Hibberdene wegkruip en met 'n pragtige, skoon strand en getypeol spog. Hier kan gaste wandel, draf, lyfplankry, van die strand of rotse visvang, in die rotspoele swem, branderplankry, swem en snorkel ? alles net 700 m ver.
Die chalet is geskik vir 8 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en bied pragtige see-uitsigte. Die tweede slaapkamer het 'n stapelbed en 'n dubbelbed. Daar is 'n ingeboude stapelbed in die sitarea. Die badkamer onder het 'n stort, toilet en wasbak en die badkamer bo het 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas-vrieskas, kisvrieskas, oond, addisionele klein toerusting, eetgerei en breekware. Gaste kan hul maaltye by die toonbank met stoele geniet. Daar is ook 'n tweeplaat-gasstoof en herlaaibare ligte vir gebruik tydens beurtkrag. Die sitarea het 'n slim-TV met OpenView-kanale en gaste is welkom om hul eie dekodeerder (nie PVR-dekodeerder nie), slimkaart, kabels en afstandbeheerder saam te bring. Gaste is ook welkom om hul WiFi-router saam te bring. Buite is daar 'n stoep met buitemeubels, 'n sambreel, braaigeriewe en 'n potjie-pot.
Die oord spog ook met 'n groot gemeenskaplike swembad, tuine en parkeerplek vir waentjies en bote. Daar is ook 'n restaurant in die oord. Gaste het toegang via 'n elektriese hek en die perseel het watertoevoer indien die hoofnetwerk af is.
Aktiwiteite in die omliggende areas sluit iets vir die hele gesin in. Daar is gholf, branderplankry, voetslaanroetes, voëlkyk, perdry, strand-restaurante en kroeë. Met die subtropiese klimaat, heerlike somer- en matige winterseisoene en die warm temperatuur van die see, kan gaste hier regdeur die jaar vakansie hou.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Lisa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Dekweg 92, Mtwalume Holiday Resort, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 46 @ Mtwalume het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Mtwalume Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dekweg 92, Mtwalume Holiday Resort, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal