57 on Protea
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteaweg 57, Gordonsbaai, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R3 250 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
57 on Protea is 'n lieflike drieverdieping-selfsorghuis wat teen die hange van die Hottentots Holand-bergreeks in Gordonsbaai geleë is. Dit spog met 'n uitsig oor die baai en Tafelberg in die verte en is ideaal vir gaste wat op soek is na verblyf wat gemak en styl kombineer.
Dié vakansiehuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Albei slaapkamers is op die boonste verdieping en het elk 'n koningingrootte-bed. Die hoofslaapkamer het lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die oorblywende badkamers het elk net 'n stort.
Op die eerste vlak is die oopplan leef- en eetareas, kombuis en balkonne. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en die leefarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met Netflix. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die balkon het 'n ingeboude braai-area en buitemeubels. Gaste het toegang tot die plonspoel wat tydens herfs en winter tussen 24 en 30 grade sonverhit word. Hierdie vakansiehuis het gefiltreerde bergwatertoevoer en werk met sonkrag. Dit is heeltemal onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en het 'n 10 KW-battery. Veilige parkeerplek is in die dubbelmotorhuis beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Juanita Geverifieer
Eiendomme 37
Resensies 84
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Proteaweg 57, Gordonsbaai, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Gordonsbaai Mountainside Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteaweg 57, Gordonsbaai, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap