Avondrust Farm Stay
- Kapasiteit: 24 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middelwater-plaas, Klaarstroom, 6932, Wes-Kaap
- Vanaf R1 210 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Avondrust Farm Stay is geleë op 'n pragtige werkende plaas in 'n asemrowende omgewing. Verblyf word in 3 volledig toegeruste selfsorgkothuise genaamd Môreson Huis, Môreson Kothuis, Ebeneser Kothuis en 'n gastehuis met 6 slaapkamers en gemeenskaplike geriewe gebied.
Môreson Huis het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer is ruim en het 'n stort. Die huis het ook 'n volledig toegeruste kombuis met 'n helder, ronde tafel waar gaste maaltye kan geniet.
Môreson Kothuis het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat ook opgemaak kan word as 'n koninggrootte-bed. Albei slaapkamers deel 'n badkamer. Die kothuis het ook 'n oopplan-kombuis en -leefarea, asook buite-braai-area.
Môreson het 2 lieflike ou reservoirs wat omskep is in plonspoele en daar is 'n braai-area.
Ebeneser Kothuis het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n klein kombuis-eetkamer en 'n leefarea. Dié kothuis het 'n lekker ruim houtdek met 'n pragtige uitsig op die Swartberge.
Die gastehuis het 6 slaapkamers wat elk en suite-badkamers het. Vyf van die kamers het ' nkombuisie. Kamer 4 is ingerig vir gaste met gestemdhede en kan saam of apart bespreek word as 'n gesinseenheid. Al beddegoed en handdoeke word voorsien en daar is braaigeriewe en hout (ekstra hout is beskikbaar teen 'n addisionele koste). Daar is ook 'n swembad.
Gaste kan lekker rondstap op die plaas, die heuwels te voet verken, fietsry in die veld en visvang in die damme. Hardebaarde kan die 20 km lange staproete teen die berg uit aandurf (doen asseblief navraag). Avondrust is 50 km vanaf Prins Albert en net 7 km vanaf die pragtige dorp Meiringspoort. Gaste kan verskeie fietsroetes in die veld aanpak en ons prentjiemooi berge en verskeie bokspesies gadeslaan.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Baarshengel
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 18
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Middelwater-plaas, Klaarstroom, 6932, Wes-Kaap
- Gaste dink Avondrust Farm Stay het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 24 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middelwater-plaas, Klaarstroom, 6932, Wes-Kaap