Bouchie's
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seeskulpstraat 3, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Vanaf R1 985 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Bouchie's is in die rustige kusdorpie, Dwarskersbos, aan die Weskus. Dit is 'n bekoorlike strandhuis wat deur die sanger en liedjieskrywer, Juan Boucher, en sy gesin besit en bestuur word. Dit bied 'n rustige toevlugsoord ver van die gedruis van die stad en dit is naby die strand.
Die smaakvol gemeubileerde huis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in laasgenoemde slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en stort.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die oopplanleefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv, asook 'n binnebraai en 'n piekniektafel met stoele.
Die omheinde tuin bied 'n veilige plek vir kinders om te speel en 'n boma vir knus aande buite langs die vuur.
Veilige parkeerplek is in toesluitmotorhuise vir 2 voertuie beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Liezle Geverifieer
Eiendomme 13
Resensies 99
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Seeskulpstraat 3, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Gaste dink Bouchie's het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dwarskersbos Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seeskulpstraat 3, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap