Bushveld Symphony
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekoeistraat 2483, Marlothpark, 2162, Mpumalanga
- Vanaf R1 190 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Bushveld Symphony is ‘n gerieflike dubbelverdiepinghuis in Marlothpark, 'n 3000 ha-wildbewaringsgebied en vakansiedorp teen die suidelike grens van die Krugerwildtuin tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga.
Die huis is ideaal vir natuurliefhebbers. Die naam Bushveld Symphony maan gaste om hul ore te spits vir pragtige voëlgesang en al die geheimsinnige klanke van die nag. Daar is koedoes, vlakvarke en soms kameelperde of sebras wat kom besoek aflȇ. Drie bosbokkies woon ook in die bos naby die eenheid en daar is 'n pragtige muskeljaatkat wat nie skaam is om homself te wys nie.
Gaste kan afkoel en ontspan in die swembad reg langs die braaiput. Die braaiplek het 'n groot rooster wat uitgebreide familiegroepe kan akkommodeer. Daar is ‘n glasskuifdeur wat direk na die eetkamer en kombuis lei wat onthaal baie gerieflik maak. Die huis het 'n groot onderdakstoep met 'n groot twaalfsitplektafel. Daar is ook 'n swembad, braai-area en 'n uitkyktoring.
Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer op die grondverdieping het ‘n koningingrootte-bed, lugversorging, 'n privaat badkamer met 'n bad, ingeboude kaste en ‘n spieëlkas.
Die tweede hoofslaapkamer op die boonste verdieping lei na 'n privaat balkon met ‘n stoeptafel, twee gemaklike stoele, ‘n rusbank en 'n skrams uitsig oor die rivier. Daar is ook 'n kombuis met 'n gasstoof en yskas. Privaat trappe lei na buite. Hierdie kamer het ook 'n privaat badkamer met 'n stort.
Daar is drie slaapkamers op die grondverdieping. Die derde slaapkamer bied 'n uitsig oor die stoep en het 'n koningingrootte-bed, 'n waaier en ingeboude kaste. Die vierde slaapkamer front suid en het 2 enkelbeddens.
Daar is ook 'n tweede badkamer met 'n stort op die grondverdieping. Die boonste soldervertrek is 'n oopplan-slaapkamer met 2 enkelbeddens wat ideaal is vir kinders en daar is ook 'n gehalte-slaapbank en 'n skuifdeur wat lei na die uitkyktoring (Arendsnes) en balkon.
Die volledig toegeruste kombuis het ook 'n skottelgoedwasser en mikrogolfoond en daar is 'n wasmasjien en tuimeldroër in die buitegebou.
Daar is drie lugversorgers in die huis.
Beurtkrag word vergemaklik deur die gasstoof en noodligte wat in elke vertrek permanent gekoppel is.
Alberto, die huishulp, sal gaste verwelkom en bystand verleen. Hy sal elke oggend skottelgoed was en seker maak dat die buite-areas skoon is. Gaste se privaatheid word hoog op prys gestel.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Portugees
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Marelize Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Seekoeistraat 2483, Marlothpark, 2162, Mpumalanga
- Gaste dink Bushveld Symphony het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seekoeistraat 2483, Marlothpark, 2162, Mpumalanga