Emilie's Garden Cottage
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 28 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: McFarlane-straat 12, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 600R1 440 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Emilie's Garden Cottage is deel van 'n oorspronklike Hermanus-kothuis wat in die vroeë 1940's gebou is. Die privaat, veilige en selfsorgkothuis is in die rustige buurt Eastcliff, een van die oudste buurte in Hermanus, geleë. Die strate is gevul met bloekombome en dis deur die oorlede Tiny Cloete, die vrou van die gewilde Suid-Afrikaanse skrywer, Stuart Cloete, geplant.
Die lieflike kothuis is in 'n gesin se besit en is smaakvol opgeknap om 4 volwassenes en 'n baba te huisves. Daar is 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n bababed vir 'n baba eb 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en dit lei na 'n en suite-stort.
Die groot oopplan-leefarea is sonnig en het 'n etenstafel met sitplek vir 4, 2 gemaklike rusbanke, 'n platskerm-TV met Netflix en gratis WiFi. Die kompakte kombuis is met 'n Smeg-gasstoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, dubbelyskas en 'n wasmasjien toegerus.
Franse deure lei na 'n onderdakstoep met stylvolle meubels, 'n Weber en 'n Trade-Wind-sambreel vir warm somersdae. Die stoep front na die pragtige inheemse tuin waar kinders kan speel.
Die kothuis is stapafstand vanaf die seefront, die lieflike Marine-getypoel, die ou hawe, gewilde kranspaadjies, restaurante en die Hermanus Saterdagmarkie. Daar is ook 'n netjiese speelparkie vir kinders 'n entjie ver.
Die kothuis is ekovriendelik en het 'n geiser wat met sonkrag werk, 'n gasstoof en 'n boorgat vir die tuin. Daar is goeie sekuriteit en parkeerplek op die perseel. 'n Ekstra skoonmaakdiens is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Jeaneke Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 22
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- McFarlane-straat 12, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Emilie's Garden Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: McFarlane-straat 12, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap