Engel
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vasco Da Gama 58, Struisbaai, 7320, Wes-Kaap
- Vanaf R6 000 per nag (plek vir 14)
Beskrywing
Engel is 'n ruim selfsorghuis in die kusdorpie, Struisbaai. Hierdie huis is 'n goeie keuse vir 'n gesinsvakansie aangesien dit slegs 100 m vanaf die see is en 'n omsetter het in die geval van kragonderbrekings.
Daar is 'n hoofhuis en 'n aparte woonstel wat in totaal slaapplek vir 14 gaste het. Die hoofhuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede, derde en vierde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en gaste in hierdie slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n stort en 'n bad. Die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste in hierdie slaapkamer maak gebruik van die derde badkamer wat 'n stort het.
Die hoof-leefarea het 'n oopplan-ontwerp en die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, broodrooster, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die kombuis lei na 'n gemaklike sitarea met rusbanke en 'n binnebraai. Die huis het 'n vermaak-area met 'n kroeg, 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste en 'n buitebraai.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die woonstel het 'n kombuisie wat met 'n mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus is. Die leefarea het gemaklike rusbanke, 'n kroeg met 'n yskas, pooltafel en 'n stoep met braaigeriewe.
Die huis het 4 TV's met Netflix en Disney, asook WiFi. Daar is ook 'n buitestort en parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Cathy Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 7
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Vasco Da Gama 58, Struisbaai, 7320, Wes-Kaap
- Gaste dink Engel het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Struisbaai Agulhas Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vasco Da Gama 58, Struisbaai, 7320, Wes-Kaap