Flatlet Peaceful
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 6 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5de Laan 105, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
-
Vanaf
R780R702 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Flatlet Peaceful is 'n knus selfsorgwoonstel in Kleinmond wat ideaal is vir 'n paartjie, 'n klein gesin of sakereisigers.
Die woonstel is aan die agterkant van die hoofhuis geleë, bied privaatheid van die hoofhuis en beskik oor sy eie ingang. Dié oopplan-eenheid is ingerig met 'n dubbelbed en 'n enkelbed, asook 'n aparte badkamer met 'n stort uitsuigwaaier.
Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond, gasstofie, en 'n yskas toegerus. Maaltye kan by die etenstafel geniet word. Geen vangs van die dag mag by eenheid skoongemaak word nie.
Daar is 'n TV met die volle DStv-pakket en gaste het toegang tot gratis WiFi wat met 'n omsetter tydens beurtkrag werk. Herlaaibare lampies is ook tydens beurtkrag beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n onderdakbraai-area met tafels en stoele, asook 'n vuurput waar gaste kan ontspan en kuier.
Veilige parkeerplek word ook voorsien en daar is plek vir 'n karavaan of sleepwa. Die eiendom is vir veiligheid omhein.
Flatlet Peaceful is minder as 1 km van die strand en verskeie restaurante af. Kleinmond bied verskeie besienswaardighede en aktiwiteite, soos voetslaan- en staproetes langs die kus of in die berg, Rooisand Natuurreservaat buite die dorp waar gaste die wilde perde kan sien.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Hannetjie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 86
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 5de Laan 105, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
- Gaste dink Flatlet Peaceful het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5de Laan 105, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap