Freines
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg, Erfdeel 118, Hansmoeskraal, George, 6534, Wes-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Freines is 'n bekoorlike vakansiehuis wat deur die kuswoud omring word, net 10 km buite George. Hierdie huis bied 'n uitsig oor die Indiese Oseaan, op die Outeniekwaberge in die verte en is ideaal om die skilderagtige Tuinroete te verken.
Dié vierslaapkamerhuis bied slaapplek aan 10 gaste. Drie van die slaapkamers is op die grondverdieping en het elk 'n koningingrootte-bed. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer het 4 enkelbeddens in die solderarea. Die gastebadkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet en daar is 'n aparte buitetoilet.
Die ruim kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leef- en solderarea op die boonste verdieping het platskerm-TV's. Gaste kan DStv Premium teen 'n daaglikse tarief versoek. Youtube is gratis en Netflix kan teen 'n aktiveringsfooi op versoek beskikbaar gestel word.
Hierdie eenheid het sonpanele en 'n 3kW-omsetter wat rugsteunkrag tydens kragonderbrekings bied.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met groot skuifdeure wat 'n see-uitsig bied, 'n groot geelhout-etenstafel en gemaklike sitplek. Die leefarea het 'n ook n' groot vuurherdbraai.
Veilige parkeerplek agter 'n elektriese veiligheidshek op die perseel beskikbaar. Aktiwiteite in die omgewing sluit visvang, valskermsweef, duik, waterski, voetslaan, voëlkyk, walviskyk tydens seisoen en perdry in.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Ligging
- Kusweg, Erfdeel 118, Hansmoeskraal, George, 6534, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg, Erfdeel 118, Hansmoeskraal, George, 6534, Wes-Kaap