Gonana Guesthouse
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 18 mense
- Geen kinders onder 1
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sonkwasstraat 42, Bekbaai, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Vanaf R1 750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Gonana Guesthouse is teen die Bekbaaistrand in Paternoster by die Atlantiese Oseaan se strandfront en spog met 'n onbelemmerde uitsig oor die see, die Columbine Natuurreservaat se kuslyn en die Cape Columbine Vuurtoring. Hierdie oulike, ou vissersdorpie is bekend vir sy hartlike, opregte gasvryheid, ongerepte strande en Weskus-bekoring.
Die gastehuis beskik oor dubbelkamers en tripelkamers. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met toiletware, 'n kluis, verwarmer en staanwaaiers. Die kamers is smaakvol versier in 'n Skandinawiese styl met Afrika-invloede. Elke kamer is ruim en het 'n gemaklike bed met 'n ekstra lang, ekovriendelike, ergonomiese matras wat met 100%-katoenlinne met 'n 200-draadtelling oorgetrek is.
Troeteldiere is welkom in die Studio met 'n gedeeltelike see-uitsig vanaf die balkon en die Twin Pool-kamer aangesien dié eenhede apart van die hoofhuis is en toegang tot die swembadarea en tuin het. Die ander kamers is ongelukkig nie troeteldiervriendelik nie.
Ander geriewe by die verblyf sluit 'n soutwaterswembad wat met sonkrag verhit word in. Dié swembad is in 'n tuin met inheemse plante wat ook verskeie voëlspesies en bye lok.
Die gastehuis poog om sover as moontlik selfonderhoudend te wees met sonkrag vir elektrisiteit en warm water, 'n gryswater-herwinningstelsel, tenks wat reënwater opvang, waterbesparende storte en daaglikse herwinningsprosedures.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Joy Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 48
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Sonkwasstraat 42, Bekbaai, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Gaste dink Gonana Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bek Bay Paternoster Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 18 mense
- Geen kinders onder 1
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sonkwasstraat 42, Bekbaai, Paternoster, 7381, Wes-Kaap