Karoo Vrede
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van der Berskuil Plaas, Aberdeen, 6270, Oos-Kaap
- Vanaf R850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Karoo Vrede is selfsorg-verblyf op ’n Karoo-plaas in die Aberdee-distrik, Oos-Kaap.
Verblyf word in 3 selfsorg-kothuis gebied wat elk ’n motorafdak en braai-area het. Daar is ook ’n klein swembadjie op die perseel.
Granaatbos en Gannabos het elk 2 slaapkamers, 1 kamer het ’n dubbelbed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is volledig toegerus met ’n mikrogolf, yskas, tweeplaat-gasstoof en ’n kaggel. Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet.
Krubos het 2 slaapkamers, waarvan 1 ’n koningingrootte-bed en en suite-badkamer het. Die ander kamer het 2 stapelbeddens met slaapplek vir 4 en ’n en suite-badkamer. Die kombuis is volledig toegerus met ’n mikrogolf, yskas, vierplaatstoof, oond en kaggel.
Die plaas is sowat 22 km vanaf Aberdeen op die N9 Willowmore-pad met ’n grondpad van 4 km lank. Die grondpaaie in ide ara is deel van die Baviaanskloof of Steytlerville-roetebeplanning. Die plek word omring deur die rustigheid van die Karoo, met helder sterrehemele en ’n vars aandbries.
Verskeie wildspesies is hier te sien terwyl gaste bergfietsry of voetslaan. Daar is verskeie skilpad en voëlspesies wat slegs in die Karoo voorkom.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Lucille Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 104
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Van der Berskuil Plaas, Aberdeen, 6270, Oos-Kaap
- Gaste dink Karoo Vrede het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van der Berskuil Plaas, Aberdeen, 6270, Oos-Kaap