Kleinemonde Getaway
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 08:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milkwood-singel 5, Kleinemonde, 6172, Oos-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Kleinemonde Getaway is 'n lieflike, ruim selfsorgvakansiehuis wat in die hartjie van Kleinemonde, Oos-Kaap, geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek, aangesien dit net 'n entjie se stap vanaf die strand is en die perfekte ontsnapping uit die stad maak.
Dié verblyf bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wynverkoeler, eetgerei, breekware en 'n eiland met stoele toegerus is. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, kaggel en 'n platskerm-TV. Ggratis WiFi is beskikbaar. Langs die sitarea is 'n eetarea met oorgenoeg sitplek.
Die kombuis se stapeldeure lei na 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel. Verder lei die sitarea na 'n houtdek met 'n piekniektafel wat onder 'n sambreel is. Veilige parkeerplek is op die perseel bekikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Milkwood-singel 5, Kleinemonde, 6172, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Kleinemonde Seafield Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 08:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milkwood-singel 5, Kleinemonde, 6172, Oos-Kaap