Love Earth Farm
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 493, Sanddrif, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
- Vanaf R1 180 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Love Earth Farm bied verblyf in selfsorgkothuise op 'n klein plaas in Sanddrif in die hartjie van Tsitsikamma op die Tuinroete net 10 km van Stormsrivier af. Die plaas is die ideale plek vir 'n wegbreek uit die stad en bied pragtige uitsigte, rustigheid en 'n ryk natuurlewe.
Die twee houtkothuise is deur Love Earth Farm se eienaars gebou uit materiale wat meestal op die perseel gevind is. Elke kothuis het 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, 'n kombuis wat met 'n yskas, ketel, gasstoofplaat, eetgerei en breekware toegerus is, asook 'n onderdakstoep met braaigeriewe.
Die plaas is onafhanklik van die kragnetwerk en reënwater word in die kothuise gebruik.
Daar is 'n permakultuur-groentetuin waar gaste gerus hul eie groente kan pluk.
Love Earth Farm is 'n voortgesette ontwikkelingsprojek wat mik om in die volgende paar jaar selfonderhoudend te wees. 'n Makadamiaboord is in ontwikkeling en die oorspronklike, inheemse woud wat eens op die perseel bestaan het is aan die herstel. Die plasie streef ten doel om 'n natuurlike manier van leef te handhaaf wat in harmonie met die natuur is.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Spaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Yasmin Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Plaas 493, Sanddrif, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
- Gaste dink Love Earth Farm het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Stormsrivier Tuinroete Oos-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 493, Sanddrif, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap