Oasis Blue
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krokodilstraat 626, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
-
Tydelik onbeskikbaar
Beskrywing
Oasis Blue is 'n lieflike selfsorg-grasdakvakansiehuis en is ideaal geleë in die Marlothpark-bewarea, wat grens aan die Krugerwildtuin. Die huis is net 50 m van die Krugerwildtuin se heining af, en al die stap- en fietsroetes begin voor die huis langs die heining. Gaste kan bergfietse saambring.
Dié huis het lugversorging en slaapplek vir 8 gaste. Dit beskik oor 4 slaapkamers rondom die swembad-area. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.
Die kombuis is met 2 oonde, 'n gaskookplaat, mikrogolf, ketel, broodrooster en koffiemasjien toegerus. Die TV-sitarea spog met lugversorging en 'n TV met OpenView-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n klein biblioteek of leeskamer met 'n plafonwaaier.
Op die boonste verdieping is 'n lieflike houtdek met 'n ingeboude braai en 'n vuurput, waarvandaan gaste die mooiste sonsondergange kan geniet.
Oasis Blue is stapafstand vanaf Amazing Kruger View, een van die beste restaurante in Marlothpark.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Louise Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 25
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Krokodilstraat 626, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Oasis Blue het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krokodilstraat 626, Marlothpark, 1321, Mpumalanga