Oystercatchers
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Lovers Walk 48, Rooi-Els, 7196, Wes-Kaap
- Vanaf R5 500 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Oystercatchers bied selfsorgverblyf in die kusdorpie Rooi-Els. Dié vakansiehuis spog met ’n lieflike uitsig oor Valsbaai en op die Kogelberge. Dit is die ideale wegbreekplek vir diegene wat uit die besige stad wil ontsnap.
Die dubbelverdiepinghuis het ’n uitsig oor die strand, bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 4 badkamers en ’n gastetoilet. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elk ’n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het ’n stapelbed en die vierde en vyfde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die badkamers het elk ’n stort of ’n bad. Die kombuis is met ’n yskas, mikrogolf, oond, stoof en eetgerei toegerus.
Die huis spog met 2 leefareas. Die eerste leefarea is 'n informele sitarea met boeke en bordspeletjies en die tweede een is oorkant die eetarea en het ’n kaggel. Die tweede leefarea lei na ’n stoep met 2 etenstafels en ’n uitsig oor die tuin. Daar is ook ’n braai-area en ’n buite-stort met warm water.
Die eenheid het direkte toegang tot die strand en die rivier. Aan die onderkant van die paadjie, net 10 m van die tuin af, is ’n klein baaitjie waar gaste hul sambrele kan opslaan terwyl die kinders swem, lyfplankry, visvang of net op die strand speel.
Daar is 3 lekker restaurante op Rooi-Els wat net ’n paar minute van die instansie af is. Die dorp het ’n unieke biodiversiteit voël- en wildlewe wat die plaaslike, beskermde bobbejaantrop insluit.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Cathy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Lovers Walk 48, Rooi-Els, 7196, Wes-Kaap
- Gaste dink Oystercatchers het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Rooi-Els Suidkus Walvisroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Lovers Walk 48, Rooi-Els, 7196, Wes-Kaap