San Lameer Villa 2848
Kry 15% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 13 Mei 2024 tot 30 Jun 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Landgoed, San Lameer Villa 2848, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R3 200R2 720 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Lameer Villa 2848 is op San Lameer Landgoed aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë. Hierdie subtropiese paradys is vol wild, plantegroei en voëlspesies en daar is legio doendinge vir die hele gesin. Die 200 hektaar-bewarea het ook 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 skilderagtige Blouvlagstrande.
Hierdie drieslaapkamer-villa bied slaapplek vir 6 mense en het 2 badkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die villa het ook 'n kombuis, sitkamer en 'n eetkamerarea.
Die kombuis is goed toegerus met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die eenheid het ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër vir ekstra gerief. Daar is sitplek vir 8 mense in die eetkamerarea en die leefkamer het ook gemaklike rusbanke en 'n TV met 'n volledige DStv-pakket. WiFi is beskikbaar. Die sitkamerarea bied toegang tot 'n beskutte patio met buitemeubels en braaigeriewe.
Die villa is met 'n omsetter en 'n watertenk toegerus.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Internet
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 67
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R61 San Lameer Landgoed, San Lameer Villa 2848, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Landgoed, San Lameer Villa 2848, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom