Seewier 50
Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Mei 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seewierstraat 50, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 330R2 498 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Seewier 50 is 'n ruim selfsorghuis in Struisbaai wat ideaal is vir 'n gesinsvakansie. Dié kusdorp het een van die langste ononderbroke strande in die Suidelike Halfrond.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die oorblywende 3 slaapkamers het 'n dubbelbed en gaste deel die gebruik van 2 badkamers met óf 'n bad óf 'n stort.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser in die aparte opwaskamer. Die sitarea het gemaklike rusbanke waar gaste kan ontspan. Die huis het 'n vermaakarea met 'n binnebraai, kroeg, pooltafel en gemaklike rusbanke voor 'n TV met OpenView.
Die huis het ook 'n lieflike dek met genoeg buitesitplek en 'n swembad. Die eiendom is 'n kort entjie se ry vanaf die strand, winkels en restaurante. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Visvang
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Jeanne Geverifieer
Eiendomme 18
Resensies 41
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Seewierstraat 50, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink Seewier 50 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Struisbaai Agulhas Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seewierstraat 50, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap