- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sea Cottage-rylaan 7, Noordhoek, 7985, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sunset Splendour Guesthouse is in die pragtige, lowerryke Noordhoek-omgewing in Kaapstad geleë en bied 4-ster boetiekverblyf in luukse kamers met badkamers, ruim sitareas, eetareas en volledig toegeruste kombuisies.
Noordhoek is net onder Chapman's Peak, halfpad tussen Kaapstad en Kaappunt geleë, en is dus die ideale ligging vir uitstappies na die skilderagtige Kaapse skiereiland. Dié voorstad is bekend vir sy prentjiemooi kuslyn en uitgestrekte witsandstrand waar mense graag perdry.
Sunset Splendour Guesthouse bied verblyf in 5 ruim woonstelle. Elke woonstel het moderne meubels, 'n volledig toegeruste kombuisie en 'n oopplan-leefarea. Die leefarea het 'n sit- en eetarea wat toegang bied tot 'n privaat patio en tuin met lieflike uitsigte van die see, mere en berge.
Sunset Splendour is stapafstand van verskeie winkelsentrums. Die woonstelle is net 'n paar minute se ry vanaf Noordhoek se strand, die Chapman's Peak-pad en die meer beskutte strand by Vishoek in Valsbaai, 'n heerlike swemstrand, geleë. Dit is ook naby verskeie winkels waar gaste kos en voorraad kan koop. Silvermine Natuurreservaat, Cape Point Vineyards wynlandgoed en -restaurant, en die Noordhoek Farm Village, 'n oulike kunsvlyt-sentrumpie met heerlike restaurante en 'n speelarea vir kinders, is ook baie naby.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Elba Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 33
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Sea Cottage-rylaan 7, Noordhoek, 7985, Wes-Kaap
- Gaste dink Sunset Splendour Guesthouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sea Cottage-rylaan 7, Noordhoek, 7985, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom